Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

TESTIMONIALS FROM OUR COUPLES & GUESTS

GETUIGSKRIFTE VAN ONS PAARTJIES & GASTE

 

Ek is op 19 Desember 2015 hier getroud met my beste vriend. Dit was fantasties en die personeel was great. Baie baie dankie vir alles ek sal denetief die plek aanbeveel.

Chrisma Bester

 

                                                                                                                                                         

 

Die diens was uitstekend! Die kos was uitstekend! Dit was eenvoudig net lekker om daar te wees!�

Dup du Plooy

                                                                                                                                                           

Beste venue met die lekkerste kos. Hulpvaaardige personeel. Was altyd daar as n mens hulp nodig het.

Lizelle Roos

                                                                                                                                                        

Baie dankie julle oulike mensies vir die wonderlike tydjie wat ons daar by julle venue gehad het. Julle het Werner En Sunette  se dagie so wonderlike gemaak met julle puik diens en rustige admosfeer wat ons daar gekry het. Weerens baie dankie. Julle plekkie is werklik pragtig en diens wonderlik. Die DJ se musiek was baie lekker en ons het als baie geniet. Ek glo ek praat namens Werner en Sunette ook, die kos en als was werklik baie lekker en pragtig uiteengesit. Baie dankie julle...Groete uit die Kaap uit..

Santie Germishuizen Ellis

                                                                                                                                                                                        

Beste wedding ever such awesome people thank you for everything you did for us....

Nastassja Hildegard Ashworth

 

                                                                                                                                                                                         

Ons wil net baie dankie se aan almal wat deel was van ons spesiale dag.
Die dag was n groot sukses en ons kon nie vir beter gevra het nie.
Ons wil vir Francois Du Toit n baie groot dankie se vir die mooiste blomme ooit! En ons weet die fotos sal net so stunning wees. Baie dankie vir Simone' Meyer by Studio S en ook vir Nadia by Beauty4you, ons hare en make up was so mooi! Julle mag maar.
Dankie aan al die staf van Y di Dorp Yt, die kos was amazing en julle het baie moeite gedoen om ons te help.

Lief julle almal
Juan en Lizelle Bezuidenhout

                                                                                                                                                                                

n Mens weet eintlik nie waar om te begin om vir Johan, Amanda, Monique, Bianca en Lukas van hierdie wonderlike plek dankie te se nie.... Dit is 'n span mense met groot harte en wonderlike talente ~ wat van die eerste oomblik tot op die heel laaste minuut ons op hulle hande gedra het... ons kinders se droom troue help waarmaak het. Ons kon nie vir beter diens vra vir een oomblik nie! Nie net wat julle aanbied nie, maar ook al die ekstra myle wat julle saam met ons hierdie naweek geloop het om als so suksesvol te maak!! Julle warm vriendelike hulp en sorg is van die heel beste wat ons ooit beleef het nog. Ons het werklik as gaste daar gekom en gevoel soos familie toe ons vertrek sondag. Baie baie voorspoed en geluk vir julle almal vorentoe..ons opregte waardering vir uitsekende puik diens. Van die nuwe en die oue Du Toit familie! xx 


 

More Monique

 
Ek het jou nie gister gesien nie maar wil net baie dankie se vir al jou hulp met Britte-Marie en Jaundre se troue. Dankie vir al jou hulp geduld en idees. Alles was perfek soos sy dit wou he.

 My wens vir jou en die venue is nog baie suksesvolle troues.

Groete Mariette 



 

Johan en Amanda, baie dankie vir julle uitstekende diens en Vriendelikheid jul het ons so tuis laat voel, die kos by onthaal was fantasties en jul ontbyt was uit Die boonste rake. Baie dankie vir julle uitstekende diens, jul plek is waarlik pragti en ek sal jul. By almal aanbeveel. Die akkommodasie was baie gerieflik en ons het lekker gemaklik geslaap.

Nogmals baie dankie Doreen en Jan (OUERS VAN DIE BRUID)

 

 


 

 

Oom Johan, Monique, Bianca en Jan. Weereens baie dankie vir julle fantastiese diens. Julle het my dag so waar ‘ sprokies verhaal gemaak. Van die kos tot die fynste detail was perfek! Kan nogsteeds nie oor die pampoenkoekies kom nie. Ek sal jul aanbeveel vir enige toekomstige bruide.

                              Julle voel regtig soos familie

                              Bianca W

 


 

 

Hi Johan en Span. Weereens wil ek net dankie se vir alles, dit was so lekker om ons spesiale dag by julle venue te kon hou. Julle het soveel vir ons gedoen dat daar nie genoeg plek is om alles te tik nie. Jy was awesome, ek het nie ‘n min van my troue geworry oor iets wat nie gedoen was nie want ALLES was gedoen en ek kon net rustig wees. Julle vriendelikheid en behulpsaamheid was net amazing!

Estelle L