Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

 

Tuis Blad

Hierdie is die trouvenue waana jy nog altyd soek!  Geleë aan die voet van die Magaliesberg, net 7 km buite Pretoria in die rigting van Hartebeespoortdam.  Ons spog met ‘n tuin-  sowel as ‘n outentieke formele kapel  waaruit u kan kies as perfekte agtergrond om ewige trou aan u geliefde te beloof.  Genoeg kreatiewe en speelse areas spesaal ontwerp vir asemrowende buitelug foto’s,  help om die dag vir ewig te bewaar en ‘n liefdeskoepel bied die geleentheid om ‘n gegraveerde slot vas te sluit en die sleutel vir altyd weg te gooi.

Ons gerieflike,  ruim wittebroodsuite sal in elkeen van jul behoeftes voorsien terwyl julle gaste veilig en geborge in die gastehuis op die perseel kan oornag.  ‘n Watertand ontbyt  is die perfekte manier om julle nuwe lewe saam te begin.

Handgemaakte linne, kwaliteit breekware en messegoed en ook meubels is deel van die pakket.  Met slegs een funksie per naweek, is u gewaarborg van die persoonlike aandag van die eienaar en personeel.

Smaaklike tradisionele geregte soos pampoenkoekies, skaapboud en malvapoeding roep gaste weer en weer terug na die opdienarea terwyl  ons plaas atmosfeer hulle help vergeet van al hul bekommernisse.