Geniet ou-wêreldse gasvryheid, ouma se kookkuns en persoonlike aandag aan die voet van die Magaliesberg


Die trou venue waarna jy so lank al soek lê aan die voet van die Magaliesberg en teen die teerpad, sowat 7 km buite Pretoria in die rigting van Hartbeespoortdam. Ons romantiese opelug kapel asook die outentieke formele kapel is per motor of koets bereikbaar. Van daar kan jy die rooi tapyt na die preekstoel betree. Speelse, kreatiewe en romantiese areas is oral op die terein geskep vir jou mooiste foto’s.

Ons ruim wittebrood suite is die toonbeeld van gerief en die ontbyt onverbeterlik.

Die blote gedagte aan ons lekker boerekos laat mens sommer kwyl. Smaaklike tradisionele geregte soos skaapboud, pampoenkoekies en malvapoeding lok gaste weer en weer na die opskep area terwyl die ontspanne plaas atmosfeer hulle van alle sorge laat vergeet.

Handgemaakte linne, kwaliteit breekware en messegoed is soos die meubels, deel van die pakket. Persoonlike aandag van die eienaars en die feit dat ons net een troue per naweek bespreek, verseker dat jou troudag ‘n dag word om te onthou.